By OneStudyTeam is privaatheid ’n prioriteit.
Hierdie privaatheidsbeleid beskryf hoe Reify Health, Inc. (“OneStudyTeam”) en sy geaffilieerdes (gesamentlik “ons” of “OneStudyTeam”) persoonlike data via OneStudyTeam se webwerf by https://www.OneStudyTeam.com (“Webwerf”) of die StudyTeam-platform en enige verwante dienste wat deur OneStudyTeam verskaf word (gesamentlik die “Dienste”) ingewin, gebruik, bekendgemaak en beveilig word.
Die Dienste is hoofsaaklik ontwerp vir gebruik deur maatskappye/organisasies soos borge en sentrums vir kliniese proewe, insluitend hul gemagtigde verteenwoordigers (“Kliëte”). In die geval van ’n teenstrydigheid tussen hierdie Privaatheidsbeleid en die bepalings van enige skriftelike ooreenkoms(te) tussen OneStudyTeam (Reify Health Inc.) en ’n Kliënt, sal die bepalings van daardie ooreenkoms(te) voorkeur kry met betrekking tot die teenstrydigheid.
OneStudyTeam se rol met betrekking tot persoonlike data hang af van verskeie faktore, insluitend OneStudyTeam se Kliënt-ooreenkomste. Die volgende tabel omskryf OneStudyTeam sedataverwerkingrol in die verskillende scenario’s waarin OneStudyTeam met onskliënte of pasiënte se persoonlike data omgaan.
Data aan die Dienste verskaf deur ’n Kliënt.
Dataverwerker
Gebruikerstoegang-aanmeldinligting, statistiese gebruikersontleding (insluitend data ingewin via koekies).
Databeheerder
Data wat direk deur die datapersoon of hul verteenwoordiger by OneStudyTeam of die Dienste ingedien word
Databeheerder
OneStudyTeam as databeheerder.
Wanneer OneStudyTeam die databeheerder is, win persoonlike data in via ons webwerf, die StudyTeam-app, deur ons interaksies met u of via ander wetlik toelaatbare kanale (slegs met u toestemming, indien vereis).
Voorbeelde van hierdie data sluit in aanmeldinligting om die Dienste te gebruik, gebruikerkontakinligting en statistiese ontledings wat verband hou met data wat ingevoer word of aksie wat onderneem word wanneer die Webwerf of Dienste gebruik of toegang daartoe verkry word.
OneStudyTeam as dataverwerker. Wanneer OneStudyTeam die dataverwerker is, verwerk ons persoonlike data wat ons Kliënte aan die Dienste verskaf het om ons in staat te stel om daardie Dienste te lewer. Dit kan inligting insluit oor individue wat kandidate is vir of deelnemers is aan kliniese proewe. Wanneer OneStudyTeam ’n dataverwerker is, voldoen ons aan ons kontraktuele verpligtinge teenoor ons Kliënte en ons voldoen ook aan die bepalings van hierdie Privaatheidsbeleid.
OneStudyTeam verwerk nie persoonlike data sonder ’n geldige wetlike grondslag nie. Hier is meer inligting oor hoe en hoekom ons moontlik persoonlike data kan verwerk:
Om gebruik van ons Dienste te fasiliteer. OneStudyTeam kan moontlik, onderhewig aan ons Kliënt-ooreenkomste, persoonlike data gebruik om met Klante (insluitend Kliënt-gebruikers) te kommunikeer oor gebruikerrekeninge, op Kliënt-navrae te reageer, aan Kliënt-instruksies te voldoen en om die Dienste te verskaf. OneStudyTeam kan byvoorbeeld persoonlike data gebruik om kritieke bywerkings en kennisgewings aan Kliënt-gebruikers te stuur om sekuriteit te verseker en om bedrieglike aktiwiteite te voorkom.
Om ons Dienste te bedryf, te beveilig en te verbeter. OneStudyTeam kan moontlik persoonlike data gebruik om ons dienste te bedryf, te beveilig en te verbeter. OneStudyTeam kanbyvoorbeeld saamgestelde data vir besigheids- of navorsingsdoeleindes gebruik,bv. om bedryfstendense vas te stel, om privaatheid en sekuriteitspatrone teontleed, vir interne rekordbestuur en rapportering, om statistiese ontledingsuit te voer en om nakoming van ons Kliënt-ooreenkomste te monitor.
Vir bemarkings- en promosiedoeleindes. OneStudyTeam kan moontlik persoonlike data gebruik, slegs met vooraf toestemming indien nodig, om toepaslike bemarkings- en promosie-inhoud oor te dra. Indien u wil ophou omhierdie inligting van ons af te ontvang, mag u u voorkeure bywerk deur dieskakel onderaan die e-pos wat u ontvang, te gebruik, of u mag privacyofficer@onestudyteam.com kontak.
Vir werwings- en aanstellingsdoeleindes. Vir meer inligting oor OneStudyTeam se werwings- en aanstellingsaktiwiteite soos dit met u persoonlike data verband hou, raadpleeg die OneStudyTeam-kandidaat-privaatheidverklaring.
Om aan die wet te voldoen. OneStudyTeam kan moontlik persoonlike data gebruik soos vereis om aan toepaslike wetgewing te voldoen.
OneStudyTeam vereis dat alle derdeparty-subverwerkers aan OneStudyTeam se privaatheids- en sekuriteitstandaarde voldoen, wat insluit om skriftelike ooreenkomste aan te gaan om die vertroulikheid, sekuriteit en integriteit van persoonlike data te beskerm. OneStudyTeam tref voorsorgmaatreëls om te verseker dat enige aanstuur van persoonlike data plaasvind ingevolge bepalings wat in ooreenstemming met hierdie Privaatheidsbeleid is.
OneStudyTeam kan moontlik persoonlike data aan derde partye bekendmaak vir doeleindes om die Dienste te verskaf, byvoorbeeld om kommunikasie met ons Kliënte te fasiliteer, om die sekuriteit van ons app te monitor, en om ons wolkbediening-infrastruktuur te verskaf. Vir ’n huidige lys van hierdie subverwerkers, besoek https://www.studyteamapp.com/Subprocessors.html.
OneStudyTeam gebruik ook derde partye om bemarkings- en promosie-inhoud oor te dra. Boonop kan OneStudyTeam moontlik persoonlike data bekendmaak tot die mate wat nodig is om aan die wet te voldoen, insluitend reaksie op ’n wettige versoek deur publieke owerhede, bv. vir landsveiligheids- of wetstoepassingsdoeleindes.
Alhoewel OneStudyTeam in die VSA is, werk ons wêreldwyd. Ons Dienste word ondersteun deur streeksdatasentrums wêreldwyd, insluitend binne die Europese Unie, Japan en die VSA.
Persoonlike data kan moontlik van die land van herkoms oorgedra word na een van die streeksdatasentrums wat deur OneStudyTeam gebruik word. Byvoorbeeld, persoonlike data wat via Europese webwerwe ingewin word, kan na Ierland oorgedra word. In sulke gevalle pas OneStudyTeam die nodige maatreëls toe om te verseker dat persoonlike data wat oorgedra word, voldoende vlakke van beskerming ontvang, soos deur privaatheidswetgewing vereis. OneStudyTeam vereis, soos toepaslik, dat derde partye internasionale dataoordrag-ooreenkomste onderteken om hierdie oordragte te fasiliteer. OneStudyTeam voldoen aan wette wat die oordrag van persoonlike data tussen lande reguleer om te help verseker dat u persoonlike data beskerm word.
Dataprivaatheidraamwerk.
OneStudyTeam voldoen aan die EU-VSA-Dataprivaatheidraamwerk (DPF in Engels), die VK-uitbreiding van die DPF en die Switserland-VSA-Dataprivaatheidraamwerk, soos uiteengesit deur die VSA se Departement van Handel, met betrekking tot die inwinning, gebruik en behou van persoonlike data wat van die Europese Unie, Verenigde Koninkryk en Switserland na die VSA oorgedra word. OneStudyTeam het teenoor die VSA se Departement van Handel verklaar dat dit aan die Dataprivaatheidraamwerk voldoen. Indien daar enige teenstrydigheid is tussen die bepalings in hierdie Privaatheidsbeleid en die beginsels van die Dataprivaatheid-raamwerk, sal die beginsels van die Dataprivaatheid-raamwerk geld. OneStudyTeam is onderhewig aan die ondersoeks- en afdwingingsmagte van die VSA se Federale Handelskommissie.
OneStudyTeam mag, in ooreenstemming met die Dataprivaatheidraamwerk en in ooreenstemming met hierdie Privaatheidsbeleid, persoonlike data aan derde partye oordra oor nasionale grense heen. OneStudyTeam bly, tot die mate wat ingevolge die Dataprivaatheidraamwerk vereis word, aanspreeklik indien ’n derde party wat deur OneStudyTeam aangestel word om persoonlike data namens OneStudyTeam te verwerk dit doen op ’n manier wat strydig is met die beginsels van die Dataprivaatheidraamwerk, tensy OneStudyTeam bewys dat hy nie vir die kwessie wat tot die skade aanleiding gegee het, verantwoordelik is nie.
U het moontlik onder sekere omstandighede die opsie om vir bindende arbitrasie ingevolge die Dataprivaatheidraamwerk te kies om u klagte te hanteer. Vir meer inligting oor bindende arbitrasie ingevolge die Dataprivaatheidraamwerk, vir meer inligting oor die Dataprivaatheidraamwerk sélf, of om ons verklaring te sien, besoek https://www.dataprivacyframework.gov/s/. OneStudyTeam se verklaring staan onder ons maatskappy se wettige naam, Reify Health, Inc.
Let wel: OneStudyTeam beskerm alle oorgrensoordrag van persoonlike data in ooreenstemming met huidige wetlike vereistes, insluitend, waar toepaslik, met die gebruik van standaard- kontraktuele klousules wat deur die Europese Kommissie goedgekeur is.
OneStudyTeam se Privaatheidsbeleid is ontwerp om aan die vereistes van wêreldwye privaatheidswette te voldoen of dit te oorskry. Individue word, met betrekking tot die persoonlike data waarvoor OneStudyTeam as die databeheerder optree, uitgenooi om hul regte uit te oefen soos bepaal deur toepaslike databeskermingswetgewing. Hierdie regte kan die volgende insluit:
Om hierdie regte uit te oefen of vir bykomende inligting of verduideliking, e-pos ons by privacyofficer@onestudyteam.com
Ons Webwerf en Dienste is nie bedoel vir kinders nie, en ons win nie bewustelik persoonlike data van kinders onder die ouderdom van 16 jaar in nie. Kinders onder die ouderdom van 16 jaar word nie genooi om toegang tot ons Webwerf of Dienste te verkry of dit te gebruik of om enige persoonlike data via ons Webwerf of Dienste in te dien nie.
Indien ’n kind persoonlike data aan ons verskaf het, mag ’n ouer of voog van daardie kind ons kontak by privacyofficer@onestudyteam.com met “Request for Child Information Removal” (versoek vir verwydering van kinderinligting) in die onderwerpreël. Ons sal die kind se persoonlike data uit ons databasisse verwyder nadat ons dit geverifieer het.
Sodra u van ons Webwerf of Dienste af wegnavigeer, sal die privaatheidsbeleide van die werf/werwe waarheen u navigeer, van toepassing wees. Hierdie Privaatheidsbeleid is uitsluitlik van toepassing op u omgang met en inligting wat ingewin word via ons Webwerf en Dienste.
OneStudyTeam behou persoonlike data vir slegs so lank as wat nodig is om die doeleindes te vervul waarvoor dit ingewin word, insluitend soos in hierdie Privaatheidsbeleid en Kliënt-ooreenkomste beskryf, of soos deur die wet vereis.
Ons pas redelike voorsorgmaatreëls toe en volg standaard-bedryfspraktyke om te verseker dat daar nie op ontoelaatbare wyse toegang tot u persoonlike data verkry word, dit so gebruik of so bekendgemaak word nie. Alhoewel ons redelike voorsorgmaatreëls in plek het om u persoonlike data te beskerm, en alhoewel ons gereeld die sekuriteit van ons Webwerf en Dienste nagaan en dit probeer verbeter, kan ons nie waarborg dat ’n derde party nie ontoelaatbaar toegang tot enige inligting wat aan ons Webwerf of Dienste verskaf word of via ons Webwerf of Dienste ingewin word, sal verkry nie.
Vir enige vrae oor die sekuriteit van persoonlike data, kontak ons by support@onestudyteam.com.
OneStudyTeam mag hierdie Privaatheidsbeleid van tyd tot tyd verander sonder vooraf kennisgewing aan u, deur ’n nuwe weergawe van hierdie Privaatheidsbeleid op ons Webwerf en Dienste te publiseer. Enige veranderinge aan die Privaatheidsbeleid sal onmiddellik ná publikasie van krag word. Ons moedig u aan om hierdie Privaatheidsbeleid van tyd tot tyd te lees om ingelig te bly oor hoe ons die persoonlike data wat ons inwin, beskerm. Let asseblief op na die datum waarop hierdie Privaatheidsbeleid laas bygewerk is om te bepaal of daar enige veranderinge was sedert u hierdie Privaatheidsbeleid die vorige keer gelees het.
Vir enige vrae, opmerkings of versoeke oor hierdie Privaatheidsbeleid, kontak OneStudyTeam se privaatheidsbeampte direk by:
Reify Health, Inc.
Attn: Privacy Officer, OneStudyTeam
33 Arch Street
17th Floor
Boston, MA
02110
USA
E-pos: privacyofficer@onestudyteam.com
Tolvrye nommer (VSA en Kanada): 855-222-4892
Indien u in die EU is, kan u OneStudyTeam se EU-databeskerming-verteenwoordiger kontak by:
Guidehouse Germany GmbH
Attn: Enno Behrendt
Albrechtstraße 10c
10117 BerlinGermany
E-pos: dpr@onestudyteam.com
Indien u in die VK is, kan u OneStudyTeam se VK-databeskerming-verteenwoordiger kontak by:
Guidehouse Europe Limited
Attn: Antonio Losa
1 Angel Court
London EC2R 7HJ
UnitedKingdom
E-pos: dpr@onestudyteam.com
Indien u ’n privaatheid- of datagebruik-bekommernis het wat nie opgelos is nie of wat ons nie bevredigend hanteer het nie, kontak ons derdeparty-geskiloplossing-verskaffer here.
Indien u ’n individu is in die EU of Switserland, en u het ’n klagte wat nie opgelos is nie, is OneStudyTeam daartoe verbind om ’n onafhanklike oplossingsmeganisme te bied, om met EU-databeskermingsowerhede (DPA’s in Engels) en die Switserse Federale Databeskermings-en-Inligtingskommissaris (FDPIC in Engels) saam te werk, en te voldoen aan die advies wat deur sodanige owerhede gegee word met betrekking tot personeel-data wat vanaf die EU en Switserland in die konteks van die arbeidsverhouding oorgedra word.
(a) Australië
Hierdie afdeling is slegs van toepassing op bewoners van Australië. Vir doeleindes van hierdie afdeling het “persoonlike inligting” die betekenis wat daaraan gegee word in die Australiese Privacy Act van 1988.U het die reg om u persoonlike inligting te laat korrigeer indien dit onakkuraat, verouderd, onvolledig, irrelevant of misleidend is. U het ook die reg om toegang te versoek tot en afskrifte te bekom van u persoonlike inligting in die vorm en formaat van u keuse, solank die vorm en formaat redelik is. As gevolg van die internasionale aard van OneStudyTeam se werksaamhede kan OneStudyTeam moontlik persoonlike inligting wat oorspronklik uit Australië kom, oordra na ’n plek buite Australië. Vir meer inligting oor data-oordragte, om enige van die bogenoemde regte uit te oefen, of om bykomende inligting of verduideliking aan te vra, e-pos ons by privacyofficer@onestudyteam.com.
Vir inligting oor hoe om ’n privaatheidsklag in te dien, klik here.
(b) Kalifornië
Hierdie afdeling is slegs van toepassing op bewoners van Kalifornië, VSA. Vir doeleindes van hierdie afdeling het “persoonlike inligting” die betekenis wat daaraan gegee word in die VSA se California Consumer Protection Act (CCPA), soos gewysig deur die VSA se California Privacy Rights Act (CPRA) (gesamentlik die “Kaliforniese Privaatheidsreëls”).
Vir die doeleindes wat in hierdie Privaatheidsbeleid beskryf word, kan OneStudyTeam moontlik die volgende kategorieë persoonlike inligting verwerk wat deur die Kaliforniese Privaatheidsreëls erken word:
U het as Kalifornië-bewoner die reg op kennis, toegang en verwydering van u persoonlike inligting. Daarbenewens het u ook die reg om die verkoop van u persoonlike inligting te weier, en die reg om vir die uitoefening van ’n reg wat deur die Kaliforniese Privaatheidsreëls verleen word, nie teen gediskrimineer te word nie.
OneStudyTeam verkoop nie persoonlike inligting nie en diskrimineer nie in reaksie op privaatheidsregte-versoeke nie.
U het die reg om ’n versoek by OneStudyTeam in te dien en die volgende inligting te ontvang binne 30 dae nadat ons u versoek ontvang: (a) watter kategorieë van persoonlike inligting gedurende die afgelope jaar aan derde partye bekendgemaak is; (b) die name en adres van die derde partye aan wie ons persoonlike inligting bekendgemaak het; en (c) voorbeelde van die derde party se produkte en dienste, indien die aard van die derde party se besigheid nie redelikerwys uit die derde party se naam bepaal kan word nie. U het ook die reg om inligting aan te vra oor enige derde partye aan wie ons u persoonlike inligting in die voorafgaande 12 maande vir direkte bemarkingsdoeleindes bekendgemaak het.
Om u regte ingevolge die Kaliforniese Privaatheidsreëls uit te oefen of vir bykomende inligting of verduideliking, e-pos ons by privacyofficer@onestudyteam.com.